Ask an expert
Question

06 Dec 2004

spinnekopbyt groot gat verrot in maag
Beste Doc,

Ek blykbaar 'n spinnekopbyt ogedoen op my maag. Na drie dae het ek die dokter besoek (die abses het 'n swelsel met 'n swart punt gevorm wat toe later wit geword het.

Dieselfde dag het ek teater toe gegaan waartydens die abses verwyder is. So diep soos 'n mens se duim en so groot soos 'n golfbal is uit my maag gesny.

Die chirurg het my meegedeel dat dit 'n spinnekopbyt was. Ek wil egter weet of ek verder bekommerd moet wees want mens hoor so baie stories.
bv. 1. Die spinnekopgif val die beenmurg aan en dat ledemate geamputeer kan word

2. Die byt was naby aan my dikderm (moet ek bekommerd wees?)
3. Die gate val na 'n tyd op ander dele van die liggaam in?

Ek is nie seker watter tipe spinnekop dit was nie (hier in Richarsbaai binnenshuis is baie swart spring spinnekoppies (baie klein) en ook wit kortbeen spinnekoppies met 'n langerige lyf)

Ek sal dit waardeer indien u terugvoering kan geen op hierdie aspek.

Groete
Anette
Answer 4,568 views
Expert
CyberDoc
CyberDoc

01 Jan 0001

Spinnekop, jy hoef regtig nie bekommerd te wees nie. Die chirurg sou jou gewaarsku het as daar enige gevaar van bene wat ge-amputeer of gate wat orals kan inval was. Spiinekopbyt komplikasies is omtrent altyd beperk to die area van die byt en dit klink of dit nou uitgesny is. As jy nog enigsins twyfel sal die beste wees om die chirurg te kontak. Sterkte.
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
33% - 9380 votes
No
67% - 19432 votes
Vote