Ask an expert
Question

21 Aug 2007

STEEK/BRAND PYN IN REGTER BO BEEN
Ek kry gereeld 'n vreeslike steek/brand pyn in my regter bo been, dit is partykeer so seer dat my hele been lam word, en dat ek dit moet vryf vir lang rukke voordat die pyn weggaan. Het paar jare terug spataar operasie gehad, waar are in lieste afgebind is. Wat my bekommerd maak is dat die pyn in dieselfde been is as wat my spataar is. Spataar in regter kuit. My spataar pyn en klop ook meer gereeld. Is net bang dat dit dalk 'n bloedklont of iets kan wees. Enige raad??
Answer 31,905 views
Expert
CyberDoc
cyberdoc

01 Jan 0001

Hallo Laci
Jy mag dalk bloedsomloop probleme in die been hĂȘ of 'n senuwee in die rug wat knyp. 'n Bloedklont sal nie kom en gaan nie, en die been sal geswel wees. Laat liewer laat jou GP daarna kyk en besluit of jy 'n doppler/sonar van die been nodig het, en jou rug ondersoek.

Dr Bets
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.