Ask an expert
Question

07 Mar 2004

Subject: kan epiduraal asma veroorsaak ??

Posted by: 2de opinie
Message:
hi daar ... na my 1ste kind se geboorte met 'n epiduraal is ek skielik met asma wat nie beheer kan word nie gediagnoseer.

dis 3 jaar later en na 2 intensiewe sorg opnames en asma wat nie eers na 'n jaar se kortisoon behandeling onder beheer gebring kan word nie , het my man terloops daaroor met 'n apteker gepraat wat gese het dat daar 'n senuwee beskadig kon gewees het tydens epiduraal en dat ek by neuroloog moet uitkom vir nodige toetse . steek daar enige waarheid daarin ??
Answer 861 views
Expert
CyberDoc
CyberDoc

01 Jan 0001

2de opinie, dis seker moontlik, maar dis onwaarskynlik. Dit sal ‘n hoë epiduraal moes gewees het en jy sou waarskynlik asemhalings probleme ondervind het tydens die keisersnit of direk daarna. Dit gesê, dit sal nie skade doen om ‘n neuroloog te sien nie. Sterkte.
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.