Ask an expert
Question

02 Feb 2009

Swanger...rug styf!
Hi dokter,

Eks 20 weke swanger en sukkel verskriklik met ' n ongemaklike,stywe rug! Ek kan nie se dit pyn nie...voel net asof ek nie meer kan sit nie - veral die boonste gedeelte van my rug. Dink ek slaap dalk verkeerd...?

My piepie is deesdae baie geel en het gewonder of dit enigsins iets te doen kan he met seer rug? (niere of iets..?)

Baie dankie!!!
L
Answer 2,769 views
Expert
CyberDoc
cyberdoc

01 Jan 0001

Hallo Lee
Jy sal lae rugpyn hĂȘ met nierprobleme - dalk is jou bo rugspier in spasma omdat die gewig nou begin verskuif . Ek stel voor jy sien 'n fisioterapeut - sy sal kan kyk na jou postuur en ondersoek vir spasma en sommer behandel ook as dit wel dit is. Jy moet meer water drink as die pieps net baie geel is. As dit brand of stink moet jy dit laat toets vir infeksie - mens is meer geneig tot infeksies tydens swangerskap omdat die pienkvoet so op alles druk!
Dr Bets
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.