Ask an expert
Question

29 Jun 2010

Terugvoer: brief aan Internis
Hi Doc,

Baie dankie weereens vir die goeie raad. Ek het toe vir die Dokter ''n briefie geskryf en " closure"  daaroor gekry. Regtig in my mooiste Afrikaans vir haar verduidelik dat haar diagnose van Bulimia heeltemal verkeerd was en die " Paloeka"  dokter (soos sy na Dr. Gunning verwys het) se verslag vir haar aangeheg.

Intussen het ek ''n ENT gaan sien en hy het sy toetsies gedoen deur pypies in my neus af te druk met ''n liggie en hy is oortuig daarvan dat ek ''n erge suur reflux en gal reflux het en het vir my Gaviscon plus gegee en 3x Lansoloc per dag, vir 7 dae en dan moet my keel gesond wees, of hy wil verdere toetse deur ''n ander Internis aanvra en weer Gastroskopie.

Ek het ''n beplande ondersoek vir die 28ste Julie 2010 by Prof. van der Walt in Unitas en gaan eerder vir die ENT vra om net vir my ''n verslag voor te berei vir die Prof.

Ek sal Doc op hoogte hou.
Groete, Cornel
Answer 1,253 views
Expert
CyberDoc
Cyberdoc

01 Jan 0001

Hallo Cornel
Ek is so bly jy het dit gedoen! Jy verdien nie om lelik behandel te word nie.
Gal refluks kan mens vreeslik naar maak, so dis ook goed dat dit goed ondersoek is. Laat weet my of die keel beter word - dit behoort met Lansoloc maar ek dink dit kan dalk bietjie langer as 'n week neem? Eet ook maar versigtig hoor. Vermy goed soos kerrie en asyn en tamatiesous en chilli. Papaja is baie genesend ("soothing") vir die maag as jy in die hande kan kry om elke dag bietjie te eet.
Dr Bets
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
32% - 9470 votes
No
68% - 20271 votes
Vote