Ask an expert
Search expert health advice:
Browse by expert
- ADHD Expert
- Allergy expert
- Anti-ageing expert
- Asthma Expert
- Arthritis expert
- Breast cancer expert
- Cancer expert
- Cough Expert
- CyberDoc
- CyberShrink
- Oral health expert
- Depression expert
- Diabetes expert
- EnviroHealth expert
- Family law expert
- Fertility expert
- Flu expert
- GynaeDoc
- Headache expert
- Healthy Bones
Terugvoer en navraag
Hi Doc,
Ek was gister by Cardio. Sonar wys nog Graad 2 kleplek, maar my Atrium is terug na normale grootte en geen hartversaking, so ons is gelukkig daarmee. Ek voel gerus dat her-operasie nie nodig sal wees nie en dat ring nog voldoende werk.
Ek het egter nog Pulmonale drukking van 24 en my EF het bietjie verswak: was Desember 57% en is nou 54% en daarom wil hy nou ' n inplanting laat doen wat hartritme sal monitor. My rustende HR is 116 (op die EKG) en tydens stress EKG het my bene en voete blou geword en HR was op ' n stadium 186. Dis nou die 2de keer wat hy met my praat oor die inplanting van die dingetjie - September 2008 het ek episodes gehad waar ek flou geword het (ek kan iets van " reveal" onthou?) en aangesien hy ook van mening is dat die boonste 5 drade verwyder moet word, wil hy sommer hê Torak moet die monitor inplant.
Hy verwys my ook na Internis vir verdere Longtoetse, seker maar om verhoogde Pulmonale drukke te bepaal/verklaar? Ek weet op die pre-op verslag het dit iets genoem van PH drukke wat verhoog is maar ek het gedink dit sal post-op verbeter.
Ek was bietjie geskok en het nie meer uitgevra nie, so ek weet nie wat die presiese naam van die monitor is nie en hoop Doc kan my daarmee help: dis ' n " St Jude" model en dit lyk en werk soos ' n memory-stick en hulle kan my hartritme vir 3 jaar monitor voor die battery vervang moet word.
Ek is baie skrikkerig hieroor en wil nie sommer net iets laat in plant as dit nie werklik nodig is nie. Doc sal my vrese verstaan.
Dankie, soos altyd :)

Cornel
Jou kardioloog sal dit nie verniet voorstel nie en ek dink persoonlik dat dit 'n goeie idee is om jou hartritme konsekwent te kan monitor.
Sterkte en dankie vir die terugvoering.
Groete
Dr Anrich Burger

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.