Ask an expert
Question

31 Jul 2008

Terugvoer: Estradiol
Hi Doc,

Eers die goeie nuus :) ek het ' n baie goeie aanbod vandag gekry en begin Maandag weer te werk! Ek was nou al vir 4 maande " huis vrou" , my vorige werkgewers het my dienste sommer na 8 weke post-op beeindig. Dit gaan heerlik wees om weer te kan werk en mooi aantrek vir ' n rede :)

Sjoe, my Estradiol telling is 2709! Heeltemal buite die normale perke.

Die Gynae het ' n sist van 4,7cm deursnee op my regter eierstok ontdek. Onder normale omstandighede sou sy graag die sists shirurgies wou gaan dreineer, maar ek het haar verduidelik dat my mediesefonds vandag klaar maak en dat ek vananf Augustus weer by Discovery sal wees, maar met ' n wag tydperk van 1 maand voor ek voordele het (PMB). So, ons gaan die kans vat en kyk of die sist self gaan oplos... ek sal haar weer 15 Sept. gaan sien. Sy het sommer ' n papsmeer ook gedoen, maar ek is nie bekommerd en weet dit gaan negatief wees.

Wonderlik wat ' n bietjie goeie nuus vir ' n mens se gesondheid ook kan beteken. Ek het nogsteeds pyne en skete, maar voel sommer net goed en lus vir die lewe :)

Lekker dag vir Doc.
Answer 634 views
Expert
CyberDoc
cyberdoc

01 Jan 0001

Hi Cornel
Die siste gaan baie keer vanself weg, so die wagtyd is dalk geluk by die ongeluk!
Sterkte met die werk, hoop jy geniet dit baie!
Dr Bets
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
32% - 9433 votes
No
68% - 19974 votes
Vote