Ask an expert
Question

20 Oct 2009

tinnitus
Hallo dokter

Ek het tinnitus. Het dit al vir meer as ' n jaar, maar na talle besoeke aan die dokters en allerhande apparate, wil dit nie weggaan nie.

My huisdokter dink dit mag dalk neurologies wees.

Is daar enige dokters wat jy van weet wat spesialiseer in tinnitus behandeling? Dit maak nie saak waar in SA dit is nie.

Dankie
Johan
Answer 670 views
Expert
CyberDoc
cyberdoc

01 Jan 0001

Hallo Johan
Dis 'n moeilike ding om te behandel en soms is daar nie enige iets wat help nie. Tradisioneel hanteer oor neus en keel spesialiste dit maar baie keer moet 'n mens dit met 'n multi dissiplinere span benader - gehoortoetse, oor ondersoeke, MRI en ondersoek deur 'n tandarts vir TM gewrig probleme mag dalk nodig wees.
Sien ook http://www.sahearingaids.co.za/Tinnitus%20Treatment.htm
Ek weet nie van iemand wat spesifiek spesialiseer in tinnitus nie, maar vra jou GP om bietjie rond te vra in jou area of daar iemand is met 'n spesiale belangstelling in tinnitus.
Die professors by die akademiese hospitale is ook gewoonlik gesoute dokters wat daagliks verwysde probleemgevalle hanteer.
Dr Bets
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
32% - 9436 votes
No
68% - 20006 votes
Vote