Ask an expert
Question

23 Sep 2009

Vel uitslag
Goeiedag Dr.
Ons woon in Nelspruit en met die baie warm weer het ' n seun van 7 jaar verlede week ' n uitslag op sy skouers en wange gekry. Ons het maar aangeneem dat dit hitteuitslag was aangesien dit baie ligter en sommiges verdwyn het wanneer hy ' n koel stort geneem het. Dis nou ' n week later en daar is nog van die uitslag op sy bobene en arms, maar nie meer op sy wange of bolyf nie. Wat my nou so bietjie pla is dat hy ook ' n slym hoesie het wat ons dokter met ALCOPHYLLEX (apteker). Hy het nie koors, loopneus, seer lyf of enige ander simptome nie - het ons enige rede tot kommer? Mangels is 4jr terug uitgehaal.
Answer 8,358 views
Expert
CyberDoc
cyberdoc

01 Jan 0001

Hallo Marelize
As die uitslag growwerig voel en nie verdwyn as jy daarop druk nie, kan dit dalk 'n onderliggende virus infeksie wees. As hy nie koorsig of siek is nie, kan jy dit met 'n antihistamien stropie behandel of as dit nie so baie is nie, met Phenergan salf.'n Uitslag wat lyk soos bloedkolletjies onder die vel op die boude en bobene is meer ernstig en dan moet jou dokter na hom kyk en ook sy uriene toets vir moontlike nieraantasting
Dr Bets
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.