Ask an expert
Question

22 Nov 2004

Vel uitslag op voete
Hi Dokter

Ek hoop regtig dat u my kan help.Ek weet dat dit baie moeilik is om 'n veluitslag te diagnoseer, maar ek hoop dat u my in die regte rigting kan stuur. Ek het al vir ongeveer 'n jaar 'n uitslag. Dit het begin op bene (onder die knieg). Dit het het begin as 'n sirkel (omtrent so groot soos 'n ou R1 muntstuk) - dit het gelyk of die vel daar baie skurf is & het ligter van kleur geword. Later het dit rooi geword. Dit jeuk baie en as ek dit krap, brand dit. Ek het dieselfde kolle op my arms gekry (2 kolle en net 'n paar keer. Op my arms het dit egter nooit rooi geword nie). Die uitslag is ook altyd op presies dieselfde plekke. Maar dit het nou versprei na my voetsole! Dis verskrillik dokter! Onder my voete is dit basies dieselfde, maar dis meer van 'n knoppie. Dit maak ook blasies, wat lyk of dit water in het en soms maak dit geel voor dit oop bars. Dit jeuk baie en brand ook as dit gekrap word. Verder ondervind ek soms swelling van die voet. Ek was reeds (baie) by my dokter. Ons het 'n swam salf probeer, wat niks gehelp het nie. Ons het oorgeskakel na 'n kortisoon salf, wat gehelp het (veral vir die op my bene - wat so terloops nou omtrent weg is). Ek het op 'n stadium 'n kursus kortisoon pille gedrink, en tot dusver het dit die beste gehelp. Maar die probleem is, maak nie saak wat ek gebruik nie, dit gaan nooit heeltemal weg nie & kom altyd weer terug. My dokter het nou vir my Aterax voor geskryf, wat ook baie help, maar omdat ek voltyds werk, kan ek dit nie so gereeld gebruik nie. Ek het wel goed gereageer op die medikasie. Maar omdat ek dit nie so gereeld kan gebruik nie, het die uitslag nog nie op geklaar nie. Juis omdat die medikasie in 'n mate werk, het my dokter voor gestel dat, as dit nou (na die 3de kursus) nog nie heeltemal weg is, ek anti-depressante moet gebruik. Ek wil nie graag nie, want ek voel, dat alhoewel ek in 'n mate gespanne is, ek nie depressief is nie! Ek wil graag weet of 1) u dalk weet wat dit kan wees 2) vir my sê wat u dink die beste sal wees - om 'n dermataloog te gaan sien of om 3) dan maar die anti-depressante te probeer (regtig 'n laaste opsie).

Baie dankie
Answer 14,288 views
Expert
CyberDoc
CyberDoc

01 Jan 0001

Itchy, dit klink vir my soos numulêre ekseem en die beste sal wees om ‘n dermatoloog te sien want die dinges alleen weet wat mens met ‘n antidepressant gaan reg kry in ‘n persoon met ekseem of ‘n infeksie. Sterkte en as jy ‘n kansie kry laat weet wat die dermatoloog gesê het dit was.
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
32% - 9444 votes
No
68% - 20057 votes
Vote