Ask an expert
Question

03 Feb 2009

Veluitslag
Hi Dok

My dogter van 10 het ' n veluitslag. Die knoppies is rooi en party lyk soos klein puisietjies. Die meeste is op haar laer rug na die boude en verder op haar maag ' n paar. Min op arms en bene. Dit jeuk glad nie. Ek was by apteker wat aangedui het dit is ' n bakteriele velinfeksie. Hy het aanbeveel dat ek bactroban aanwend, maar ook genoem dat dit dalk mag nodig wees vir antibiotika. Dit het nie oornag vermeerder nie. Hoe gou sal die bactroban dit opklaar of moet ek maar haar dokter toe neem. Sy het die naweek by ' n maatjie in hulle jacuzzi geswem (warm water) en soos ek verstaan was die water nie te skoon nie. Ek dink maar dit is waar dit ontstaan het, ek mag dalk verkeerd wees.
Answer 9,693 views
Expert
CyberDoc
cyberdoc

01 Jan 0001

hallo Lala
Jy kan eers die Bactroban probeer - as dit nie beter word na 'n paar dae nie, kan jy dokter toe gaan vir antibiotika - dit klink soos 'n follikulitis
Dr Bets
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.