Ask an expert
Question

08 Aug 2007

VERSKRIKLIKE PYN IN ALBEI ARMS

Help asseblief, na `n groot long operasie het ek die verskriklikste pyne in beide my arms, dit kom die meeste gedurende die nag voor, om te le is byna nie moonlik nie en gaan die pyn gepaard met swelling styfheid en baie teerheid van my hande wat ook naalde en spelde maak.

Ek was op `n reeks anti inflamatoriese medikasie sonder dat dit enigsins gehelp het. Ek het ook smeermiddel gekry maar blyk dit dat die pyn erger raak sodra ek die aangetaste dele smeer. Ek probeer ook warm en koue kompresse maar kry regtig nie enige verligting nie.

Kan dit wees dat ek een of ander vorm van inflammasie gekry het van die operasie waarin `n gedeelte van my long verwyder is as gevolg van TB.
Answer 3,826 views
Expert
CyberDoc
cyberdoc

01 Jan 0001

Liewe Baie Eina
Dit klink vir my baie of dit agv senuwee irritasie is - het hulle al x/strale van jou nek geneem om te kyk of daar nie 'n discus prolaps is nie? Kyk ook of jy nie by 'n fisioterapeut kan uitkom om net die spiere van jou nek en borug te evalueer nie - jy mag dalk geweldige spierspasma he. Gewoonlik help fisio meer as pille vir hierdie tipe pyn.
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.