Ask an expert
Question

20 Dec 2004

Vertigo?
My vriendin (40 jr oud) het ongeveer 10mde gelede deur 'n baie stresvolle tyd gegaan en het aanvalle van uiterse "dizzy spells" gepaardgaande met ore wat sing en 'n geruis agter in haar kop gehad. Sy was by verskeie dr's waaronder 'n Neus,keel en oor spesialis. Lg het geen probleem met haar ore gevind nie en het maar die toestand toegeskryf aan stress. Sy het wanbalans medikasie geneem wat gehelp het. Die toestand het na 'n paar weke opgeklaar. Ongeveer 'n week gelede het sy opgestaan uit 'n sittende posisie en het flou geword. Ons het dadelik mediese hulp gesoek waarop 'n EKG, bloeddruk en bloedsuiker toetse gedoen is. Alles was normaal maar het weer die dizzy storie laat begin. Simptome is soos van te vore en gebruik van Rolab Cinnariz 25mg (baie gereeld) help ook. Ons het 'n mediese boek geraadpleeg en volgens haar simptome lyk dit of sy ly aan Vertigo. Sy gebruik ook Alergex pilletjies, Halwe disprin en "Resque Drops" wat alles saam help. Sy leef egter in vrees dat sy weer 'n aanval kan kry wat baie traumaties is vir haar. 'n Aanval kom baie skielik en gaan weer net so skielik na ongeveer 20 minute weg as sy weer Cinnariz gebruik het. Ons was al in totaal by 5 Dr's en ons weet steeds niks meer as wat ons self opgelees het nie. Ons gaan vandag 'n Skildklier Funksie toets en 'n Full Blood Count/ERS doen om te kyk of daar dalk fout is. Enige raad van wat ons nou moet doen. Sy het nie 'n medies nie en 'n CT Scan is baie duur. Help asb?
Answer 2,878 views
Expert
CyberDoc
CyberDoc

01 Jan 0001

Jaco, die volgende stap sal wees om ‘n neuroloog te sien. Hy sal julle baie kan vertel sonder om ‘n MRI te doen. Sterkte.
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
32% - 9433 votes
No
68% - 19971 votes
Vote