Ask an expert
Question

15 Nov 2004

Vervanging vir Minerva
Ek het vroeer ook 'n boodskap gepos, ek wil net graag weet of ek nie plaasvervanger vir Minerva kan kry nie, ek drink dit hoofsaaklik vir my vel, maar sou graag iets anders wou gebruik. die rede is dat alhoewel ek reeds 1 keer my bloeddruk laat toets het, en die dokter gese het dit reg, kry ek nogal baie hoofpyn en voel partykeer benoude gevoel op my bors, ek het ook so 4 kg opgetel die laaste jaar en als sit hier op my heupe, rondom my maag, ek stress nogal baie oor onnodige goed,oefen gereeld elke dag bv. stap. Ek wil net graat weet wat se simptome het mense nog wat aan hoe bloeddruk ly. My cholestrol is ook nie hoog nie. Baie Dankie
Answer 597 views
Expert
CyberDoc
CyberDoc

01 Jan 0001

Mikka,, Diane-35® en Ginette® is basies dieselfde as Minerva®.
Die ding met hoë bloeddruk is dat dit dikwels sonder enige simptome presenteer. Dit kan natuurlik hoofpyn en moegheid veroorsaak, maar dis definitief nie die enigste rede vir hoofpyn en moegheid nie. Die beste sal wees om jou bloeddruk nog ‘n paar keer te laat neem en as dit normaal is, ‘n ander oorsaak vir jou simptome te soek. Sterkte.
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
33% - 9369 votes
No
67% - 19367 votes
Vote