Ask an expert
Question

24 Mar 2003

Waarom jeuk ek nadat ek klaar gestort het
Hi Dok. Ek het 'n baie droeë vel alhoewel ek elke dag room en baby oil aansmeer. Ek vrees eintlik om te stort want nadat ek klaar afgedroog het begin ek te jeuk op my bene. Ek gebruik Lux of Palmolive seep. Ek stort omtrent 4 keer per dag omdat ek elke dag fietsry en stort ook net voor ek in die aand gaan slaap. Ek is baie baie higienies . Kan dit wees dat die water behandeling wat ons munisipaliteite doen, iets hiermee te doen het. (byv Chloor) Ek vind dat as ek bad, is dit baie minder gevalle van jeuk. Ek swem nie in ons swembad, ek dood byna nadat ek afgedroog is. Is daar pille of stroop om my vel meer vogtig te maak?
Answer 1,451 views
Expert
CyberDoc
CyberDoc

01 Jan 0001

Itchy, glo dit of nie, maar water kan jou vel uit droog (warm water nog meer). Die water was die natuurlike olies van die vel weg en dit laat die vel nog droër. Dit mag ook wees dat jy sensitief is vir chloor en dit sal verduidelik waarom die swembadwater jou so erg affekteer. ‘n Verdere faktor om in aanmerking te neem is dat sweet per se die vel kan affekteer. Die probleem is nou om uit te vind wat van jou van toepassing is. Die beste en vinnigste sal waarskynlik wees om ‘n dermatoloog te gaan sien en dit uitgesorteer te kry. Sterkte.
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
32% - 9425 votes
No
68% - 19881 votes
Vote