Ask an expert
Question

26 Jul 2006

weird gevoel
ek het gister etenstyd baie benou gevoel. my hart het vinnig begin klop, ek was kortasem en dit het gevoel of ek nie asem kon kry nie. ek sukkel met slym in my keel/bors. dit voel of ek dit nie kan afsluk nie maar ook nie uitbring nie. ek was heel bewerig en koue koors gekry. my polonek hemp het gevoel of dit my wurg. ek het heel angstig geraak want dit het gevoel of ek versmoor. ek moet ook noem dat ek slegs deur my mond kan asemhaal en nie deur my neus nie. as my mond/keel iets makeer voel dit dus dat ek versmoor. ek het die dokter geskakel en sy het aanbeveel dat ek n allergiese middel neem (adco-cetirizine) en ook n kalmeerpil. ek het pax 1 tablet geneem. dit het na n tyd gehelp. ek is baie allergies vir baie dinge, maar ek het nie gister iets geet wat ek nie normaalweg eet nie. dan my allergiee is ook meestal vir gras ens. ek is so bang dit gebeur weer. enige raad
Answer 10,298 views
Expert
CyberDoc
cyberdoc

01 Jan 0001

Hallo Elsa
Jy moet maar asb dokter toe gaan as dit weer gebeur - jy kan dalk 'n tipe bronchospasma ( asmatiese aanval) gekry het, of 'n paniek aanval. As jy naalde en spelde in jou arms gevoel het is dit baie waarskynlik die laaste.
Hoekom kan jy nie deur jou neus asemhaal nie? Onthou altyd dat soutwater slym verdun en dat jy daar mee kan gorrel as daar slym in jou keel is ( 1/2 tl sout op 1 kop water)
As jou bors hoorbaar fluit moet jy 'n bronchodilator gebruik soos Solphyllex ( volg asb die dosering aanwysings streng).
As dit angstigheid en/of 'n paniek aanval is, help dit baie keer om in 'n bruin papiersak asem te haal - dit stoot jou koolsuurgas in jou bloed op wat die simptome wegvat.
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.