Ask an expert
Question

12 Oct 2009

Wil graag weet?
Ek wil weet of dit normaal is tydens menstruasie dat my borste anders voel? Hul voel swaar en seer en hul voel hard. Watter tyd van die maand is die beste tyd om my borste te ondersoek vir moontlike knoppe en abnormaalhede? Ek weet voor menstruasie en ook tydens is hul seer, gevoelig en anders, maar hul voel anders as gewoonlik. My een bors is ook bietjie groter as die ander een, omdat hulle groterig is, hang hulle, so hulle is nog seerder tydens menstruasie???? Ek is tans 26 en is nou vir so 2mde op Nordette voorbehoedpille, maar drink saam' t dit oratane vir my aknee.
Answer 2,474 views
Expert
CyberDoc
cyberdoc

01 Jan 0001

Hallo Anoniem
Ja mens se borste is seerder en kan swel tydens menstruasie ( agv die hormone) Dit is beste om jou borste te ondersoek in die week na jou menstruasie. Borste kan verskil van grootte, as dit 'n nommer groter is as die ander een kan mens plastiese snykunde oorweeg. Probeer bietjie Vit B 6 100 mg per dag tydens menstruasie vir die seer borste, en jy kan ook Voltaren jel smeer.
Dr Bets
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.