Ask an expert
Question

09 Jul 2010

wintersvoete
My moeder van 87 kry elke jaar wintersvoete, dit het hierdie jaar egter vererger, so dat haar hakke en van die tone blou geword het, dit lyk amper asof sy geskuur is deur ''n skoen wat te klein was. Wat is die beste medikasie wat ''n mens kan kry vir die tipe van siekte,dit pyn ook baie
Answer 2,127 views
Expert
CyberDoc
cyberdoc

01 Jan 0001

Buddie

Sy het ernstige vaskulere siekte van die bloedvate in haar bene. Sy behoort 'n dokter te konsulteer vir spesiale toetse om vas te stel presies wat die oorsaak daarvan is. Behandeling kan eers voorgestel word wanneer 'n definitiewe diagnose gemaak is. Dit is moontlik dat sy blokkasie van die are wat bloed voorsien aan haar voete het. Ek stel dus voor dat julle 'n dokter so gou as moontlik konsulteer.

Groete




Dr Anrich Burger
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.