Ask an expert
Question

14 Dec 2005

yster tekort
Beste dokter

My probleme het begin met ernstige haarverlies 5 jaar gelede (twee jaar na my dogter se geboorte). Na vele besoeke aan verskeie dokters was die antwoord spanning. Ek kon dit nie glo nie. Twee jaar gelede het ek 'n nuwe dokter besoek en aangedring op bloedtoetse. 'n Besonderse lae ystertelling.Ysteraanvulling het nie gehelp nie. Selfs binneaarse
inspuitings gekry.Ek drink vir die afgelope twee jaar Autrin. Telling nog steeds laag. Het al vrede gemaak met die haarverlies (is nog nie kaalkop nie) maar het ook hierdie doodse moegheid, sukkel om gewig te verloor, voel of ek permanent PMS het en tot die ergenis van die res van die huisgesin kry ek permanent koud(hoendervleis koud). Is daar dalk ander oorsake waarna ek kan kyk. Kan dit dalk iets soos 'n skildklier probleem wees. Watter soort spesialis dokter raadpleeg ek met hierdie probleem ???
Answer 3,337 views
Expert
CyberDoc
cyberdoc

01 Jan 0001

Beste Annie, dit kan defnitief 'n onderaktiewe skildklier ook wees. Hoekom is jou yster so laag, het jy 'n maagseer of iets - het iemand al gesoek vir die rede - verloor jy yster of neem jy dit nie op nie? Ek dink jy moet by 'n internis uitkom om mooi te kyk wat gaan aan want dit beinvloed jou lewenskwaliteit. Vra jou huisdokter om jou te verwys.
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.