Ask an expert
Question

22 Jan 2004

14 1/2 mnde seun skree vreeslik wanneer gaan werk
Goeie dag,
My 14 1/2 mnde seun skree elke oggend as ek werk toe gaan en in die middae ook as ek weer werk toe gaan na lunch. My bediende kyk na hom sedert hy 4 mnde oud is. My bediende is 26 jaar oud. Sy kyk ook na my 9 jaar oue dogter. Dit bekommer my dat my seun nou nog skree as ek gaan werk. Is dit normaal, moes hy nie nou al inge"settle" gewees het nie? My bediende, het ek al agter gekom is baie vergeetagtig en agterlosig, maar sy is saggeaard en hou baie van die kinders. Sy en my dogter kom goed oor die weg. Sy praat engels, maar haar engels is nie 100% nie - soms moet ek oor en oor 'n ding herhaal of vir haar wys - dis vir my 'n bietjie onverstaanbaar, want sy leer na-ure haar Standerd 8 (graad 10) wat in Engels is. Ek het 'n hele lys van goed wat ek vir haar gegee het wat sy moet doen of nie doen nie - sy maak ook my huis skoon, maar helfte van die tyd doen sy nie of vergeet om te doen wat ek vra. Ek het haar geleer hoe om wasgoed te was, ens. maar my blou handdoeke sal met wit kolle uitkom en my wit langbroek met swart kolle - al het ek vir haar gewys hoe om dit te was, dit vir haar neergeskryf, alles. As dit is hoe sy met my huis is, hoe is sy net nie met my seun nie? Ek weet nie of dit normaal is dat hy so verskriklik huil as ek gaan werk nie. Jare terug toe my dogter by 'n bediende gebly het, het my dogter gehuil as die bediende moes huis toe gaan - so ek het geweet my destydse bediende het goed na haar gekyk. Ek het aan die begin as ek by die huis gekom het baie vir haar voor die DSTV gekry sit, maar het hulle nou verbied om tv te kyk, want hulle stel aan die DSTV en videomasjien - dan het ons probleme om dit weer ingestel te kry. Die vorige mense by wie my bediende gewerk het, die vrou het baie oor haar gekla, maar haar 2 jarige dogtertjie was weer baie lief vir my bediende. As my seun by my is, kry hy glad nie brand boude nie, maar by my bediende kry hy brandboude. Ek dokter dit dan net naweke weer reg. Ek het vir haar gesê dat sy moet elke uur sy doek kyk, nou gaan dit darem beter. Laat weet my asb of dit normaal is dat my seuntjie so skree, want my vriendin dink dis nie normaal nie - sy sê hulle skree die 1ste week van die vreemdheid, maar daarna nie.
Answer 1,050 views
Expert
CyberShrink
cybershrink

01 Jan 0001

Dear Michelle,
I'm wondering who's the patient here ! I'm not experienced at solving problems with forgetful servants, but I dare say our other readers might be full of ideas. As for your son, it's significant that he cries, not when the bediende comes near him, but when you go away from him. Children at different ages, including this one, can get what we call Separation Anxiety, when they dont feel fully secure in themselves, when Mom goes away or out of sight. It's a nuisance, but it's usually a phase that passes.
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.