Ask an expert
Question

30 Mar 2007

Ek het raad nodig
Ek is nou twee en 'n half jaar geskei. Het 'n wonderlike man ontmoet maar hy het 'n probleem met vertroue. Sy vorige vrou het al sy vertroue in vrouens afgebreek en nou trek ek in die kortste ent. Ons woon 'n 100km van mekaar en sien mekaar net oor naweke. Ek gaan volgende week vir 'n groot operasie en gister het my foon mal geraak a.g.v. almal wat wil weet hoe laat ek gedoen word en waar (my familie bly almal vêr van my af en moet reelings tref om deur te kom). Hy kon my nie dadelik in die hande kry toe hy na my selfoon toe gebel het nie want ek was besig om met my pa te praat. Hy het vir my 'n baie lelike sms gelos wat sê dat hy my gebel het maar ek was te besig om met 'n ander man te chat dat ek nie met hom wil praat nie en dat hy nie 'n poepol is nie. Ek het hom terug gebel en gesê dat ek met my pa gepraat het en sy woorde was dat hy dit maar moeilik glo. Ek het 'n groot familie en is die enigste dogter tussen 4 seuns en hy hou nie eens daarvan as een van my broers my bel nie, want dan praat ek met ander mans. Hy sien nog gereeld sy ex want hulle het 'n kind, maar sy ex mag nie van my weet nie en wanneer hy by my is en sy bel moet ek dadelik my mond hou en hy praat met haar asof hulle nog saam is en ek begin nou moeg raak vir die storie. Ek het ook kinders by my ex, maar die verskil is dat my ex weet van hom en ek maak hom nie stil as my ex bel om met die kinders te praat nie en as hy met ander vrouens praat gooi ek nie my poppe uit nie, sy werk is soos myne, ons werk met baie mense, mans en vrouens. Het enige iemand vir my raad want ek het nie meer lus vir die "hide and seek game" wat gespeel word nie.
Answer 1,578 views
Expert
CyberShrink
cybershrink

01 Jan 0001

He sounds rather insecure and unhelpful in your time of crisis, doesn't he ? And being jealous of your father and brothers, is simply ridiculous. Is he really ready for and capable of an adult relationship with you ?
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
32% - 9433 votes
No
68% - 19962 votes
Vote