Ask an expert
Question

08 Jul 2005

Is daar rede tot kommer?
My man is bevriend met 'n man wat saam met 'n vrou woon wat haar man destyds vir hom verlaat het. (Sy is 46 en hy 31) My man (43jr) en hierdie man is baie goeie vriende, want volgens hom deel hulle dieselfde belangstelling en hulle verstaan mekaar, en die een help altyd die ander met werkies wat gedoen word. Beide van hulle het hulle eie sakeonderneming. Die vriend werk van sy huis af sowel as die dame. My man kan vreeslik baie daar kuier, so dat hy party middae eers daar aangaan en dan huis toe kom, dieselfde saans. Dit het my begin pla want hy sal altyd iets vertel wat sy gesê of gedoen het en hy het my al saam soontoe geneem dan sal sy weer dinge ophaal wat hulle gepraat het. Ek het met hom gepraat en gesê dit voel vir my dit gaan nie soseer oor die hondjie nie maar oor die halsbandjie. Hy het meegedeel dat ek verkeerd is en dat hy nooit in sy lewe vir 'n vrou iets voel wat haar man en kinders gelos het vir 'n ander, dit gaan vir hom uit en uit oor sy vriendskap met die man, Dit het ook al uitgekom dat hy party kere daar gaan koffie drink, dan kom dit uit die gesprek dat die man buite met van sy kliente besig was en dat hy dan binne by haar kuier. Die kuiers het toe heelwat minder geraak, omdat hy weet hoe ek oor die saak voel. Die afgelope paar maande gaan dit weer so dik en ek kom agter hy steek vir my weg wanneer hy daar was. Verder hy sy nou een week toe hulle met vakansie was gebel om iets uittevind, hy is na ete werk toe en het later weer terug gekom omdat hy gesien het ek is nie lekker daaroor nie. Ek het nie gepraat met hom daaroor nie en ek praat nou ook nie oor die dinge wat alweer pla nie, want ek voel ek het twee keer al oor dit gepraat en elke keer maak hy dit af, of ek is simpel om so iets te dink. Ek het wil net weet het ek rede tot kommer of sien ek iets wat regtig net moontlik vriendskap is. Die persoon kom ook nooit vir hom kuier nie, ek het hom gevra hoekom nie, sy antwoord was die man sê hy kan sien ek hou nie van hom nie. Die enkele kere wat ek by hulle was of hy by ons was ek altyd baie vriendelik, maar dan is my man weer asof hy op die agtergrond bly. Wat moet ek doen of moet ek niks doen, en maar kyk wat gebeur. Ek wil net byvoeg dat hierdie saak my baie pla, en dit voel vir my hy is nie bereid om sy vriendskap te beperk of beeindig ten koste van my nie. Dankie
Answer 702 views
Expert
CyberShrink
cybershrink

01 Jan 0001

,,,,,
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
32% - 9432 votes
No
68% - 19943 votes
Vote