Ask an expert
Question

07 Apr 2006

Ma het by my man aangelê - enige iemand se opinie asseblief!!!
Hi almal,
Ek gaan probeer om 'n baie lang storie kort te maak. Ek is nou amper 8jaar getroud met 'n wonderlike man wat lief is vir ons 2 kinders en ons vir mekaar. Ons bly in dieselfde plek as my ouers, en ons albei werk vir my pa wat dan natuurlik ons salaris betaal. Ek is lief vir my ouers, hulle was nog altyd goed vir my en my man. Maar daar is een probleem, my ma hou van haar drank. As sy eers 'n paar drankies weg het, dan is sy anders, soek moeilikheid ens. Boonop dit drink sy nog slaappille ook. Sy het van die begin af nog nooit van my man gehou nie, hoekom, weet ek nie. Sy wou een aand my man aanrand met ons kind in sy arms. Sy het al my sussie se man probeer aanrand, my pa, en so kan ek aangaan. Alles draai net om haar, alles moet volgens haar verloop, maar tog bly ek lief vir haar, sy is my ma. Maar as ek dink aan alles wat sy al aan my gedoen het, wil ek haar nie meer ken nie. Sy praat sleg van man by my pa. Maar 2weke voor ons ons eerste kind gehad het, dis meer as 2jaar terug, het sy die oggend 'n paar drankies al gedrink, maar was nie regtig getrek nie. My man het aangebied om haar gou na die winkel toe te vat, sy wou nie self ry nie, want sy sê sy het paar drankies gedrink. Oppad winkels toe het sy toe by my man aangelê, vir hom gesê daar is iets aan hom wat haar "onturn". ens. ens. Gaan nou die uitbrei oor wat alles gesê is nie, maar die punt is wat staan my te doen? Twee jaar het verby gegaan wat ek en my man maar net stilgebly het, daar gaan kuier het asof niks gebeur het nie. Ons wou nie vir my pa vertel het nie, wou maar net die vrede bewaar. Elke keer as ek my ma sien, dan dink ek hoe kan 'n ma dit aan haar dogter doen. Drie weke terug het ek besluit om dit vir my pa te vertel, want toe is ek gatvol vir haar en die manier hoe sy almal behandel. Hierdie Saterdag wat verby is het hy my ma vertel dat hy en ek weet dat sy by my man aangele het. Sy het vir my man gese as hy dit ooit oorvertel, sal sy hom nooit vergewe nie. Intussen het ek vir 2dae saam my ouers en suster kaap toe gevlieg, en sy maak nog steeds asof niks gebeur het nie. Die enigste manier hoe ek haar kan vergewe is as sy my onverskoning vra. Ek het 'n baie sagte hart, ek weet ek moet haar konfronteer, maar hoe en waar. Het gedink om vir haar 'n brief te skryf. Ek voel al ek wil in 'n ander dorp gaan bly, net om haar nie meer te sien nie. Want dit sal nooit weer dieselfde wees nie. Sy kan nie my man verdra nie, en hy kan haar ook nie verdra nie. Wat staan my te doen mense?????
Answer 940 views
Expert
CyberShrink
cybershrink

01 Jan 0001

Hello Stef,
Obviously the combination of drinl and sleeping meds is bad for your mom, and she ought to steer clear of BOTH. But I suppose she wouldn't be eager to admit that. And these episodes in which she attacks people, are simply unacceptable. I wonder what would happen if the target of her acssaults laid criminal charges against her ( having discussed this in advance with your dad ) so that she might be required by the COurt to undergo psych assessment and treatment for her substance abuse ?
You want to keep the peace --- but is what you are keeping, really peace ? Wouldn't it be best for the father to hear about this episode ? She sounds very self-centred and selfish. Family therapy / counselling would help, but I expect that she would refuse to take part. Can't you, your husband, and the father work together to try to sort this out ?
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.