Ask an expert
Question

25 Nov 2004

My seun, my liewe probleemkind
Dokter, help my asb. Ek is desperaat en weet nie meer watter kant toe nie. Jammer vir die lang brief.
Ek was 18 toe my seun gebore is en was nooit getroud met sy pa nie. Ek het my seun alleen grootgemaak. U kan seker verstaan dat ek VREESLIK beskermend teenoor hom was en niks verkeerds van hom wou hoor nie.
Toe hy in Sub B was, wou hy koshuis toe gaan omdat 'n vriend in die koshuis was. Na baie trane en baklei, het ek hom uiteindelik laat gaan, koshuis toe. Ek is glad nie 'n geduldige mens nie, het ook maar 'n humeur aan my en het in 'n mate van die vryheid gehou, so ek het dit laat gaan. Hy was in die koshuis tot in St 4.
In hierdie tyd het ek al meer en meer begin agterkom dat hy lieg en steel, al was dit net klein dingetjies. Hy het 'n humeurtjie ontwikkel, net soos ek. Hy wou altyd sy sin hê en het baklei, sy speelgoed uit die kot gegooi en 'tantrums' gegooi tot hy sy sin gekry het.
Twee kêrels en my verloofde het my oor tyd gelos omdat hulle nie met my seun oor die weg kon kom nie, en omdat hy van hulle en my gesteel het.
In St 5 het hy by sy pa gaan bly en kort voor lank het sy pa begin kla oor sy 'attitute', sy liegery, sy stelery en helaas die feit dat hy benzien suig.
Dit het later oorgegaan in dagga gebruik.
In St 6 is my seun terug by my, en sommer nog in die vakansie, word hy gevang dat hy goed uit die vulstasie se kaffee steel. Dit kos mooi praat om nie die polisie te laat kom nie.
In die tyd vang ek hom 2 keer, so dronk soos 'n tor. My verhouding van die afgelope jaar begin suur raak.
Hy (toe 15) en my kerel se dogtertjie (toe 9) word gevang net nadat hy 'n kondoom aangesit het. Ek en my seun word uit my kerel se huis gejaag, maar word later weer toegelaat.
Ek vat altwee die kinders na 'n sielkundige toe en die sielkundige sê dat die dogterjie te bang was om nee te se, dat my seun 'n en dat hy 'n bobaas manupileerder is, en hy voorsien nog baie probleme vir my in die toekoms.
My seun sien vir 'n jaar lank, elke week 'n sielkundige ('n ander een as wat my seun en die dogterjie gesien het). Sy sê hy het baie issues, maar hy het 'n goeie hart, ek is te sag om hom te hanteer en hy het sy pa se hand en leiding nodig.
Teen die tyd is die verhouding tussen my seun en sy pa ook so suur dat sy pa nie veel van hom wil weet nie, en my seun weier om na sy pa toe te gaan.
Verlede jaar word my seun en van sy vriende gevang waar hulle omtrent R8000 se goed van my kerel steel. Dit kos bloed sweet maar uiteindlik word hulle nie aangekla nie. Ek betaal nogsteeds terug...
Dinge word net nie beter nie, en my en my seun se verhouding versuur. Partymaal praat hy met my asof ek 'n stoflap is, belieg en bedrieg my, steel nogsteeds van my, ek kan aangaan en aangaan...
Omtrent 8 maande gelede vang die polisie hom met dagga.
Dit het my gebreek. Dit het my verhouding met my kerel van die afgelope 4 jaar so belmmer dat ek uiteindelik, drie maande gelede uitgetrek het.
Sy pa wil hê hy moet teruggaan na hom toe, en hy wil hom in 'n boys town sit. Ek het baklei en gesmeek, en uiteindlik reggekry dat my seun nog bly. Hy gaan Sanca toe en word gereeld getoets vir Dagga, en enige ander middel wat hy moontlik kan gebruik. Hy was die afgelope 6 maande nog skoon, maar toe gebeur dit dat sy meisie hom drie weke gelede los, en hy begin weer dagga rook.
Verlede naweek gaan hy en 'n vriend in ander mense se tuin en gaan verwoes 'n kersfeesboompie en liggies.
My kerel vind uit daarvan en dat hy weer dagga rook en wil sy pa laat weet.
Ek weet nie meer watter kant toe nie. Ek wil nie my kind verloor nie en wil hom net help. Ek is liewer vir hom as vir my eie lewe. Daarom wens ek partymaal, wanneer ons so baklei (en dit gebeur baie) dat ek 'n geweer gehad het. Dan sou ek sommer 'my brein voor hom uitblaas' want 'miskien is dit genoeg om hom reg te skok in die lewe'.
Sy pa het 'n advokaat gaan sien en is bereid om my vir toesig te veg sodat hy die kind in 'a place of safety' en 'reabilitasie' kan sit. Ek het hom nog nie eers laat weet dat die kind weer begin het met dagga nie, want ek is bang my kind loop weg of pleeg selfmoord. Hy het my al gedreig dat hy vir homself kan sorg en met perlemoen duikers deurkekaar sal raak as ek sy pa laat weet.
Hy het nou gese dat hy sal ophou met dagga, maar ek weet nie of ek hom hierdie keer kan glo nie.
Hy sê ook dat hy niks fout sien met dagga nie, dat hy nie onttekkingsimptome kry nie, en dat die nagevolge wat ek en sanca hom van vertel, net 'n storie is.
Help my asseblief. Vertel my asb wat gebeur in mens se liggaam as jy dagga gebruik, wat die newe effekte is en wat die nagevolge is.
Ek is desperaat, asseblief.
Answer 3,741 views
Expert
CyberShrink
cybershrink

01 Jan 0001

Awfully complex situation and story, Aries. I agree with Q and the others. This boy has never really needed to take responsibility for his own actions and decisions, as you keep rescuing him. Maybe, as Paul suggests,. Boystown could help.
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
33% - 9365 votes
No
67% - 19352 votes
Vote