Ask an expert
Question

05 Jul 2005

Omgang neem af.
My verhouding is net so onder 'n jaar oud. Ons gemeenskap was nog altyd baie goed gewees en gereeld ten minste elke 2de aand.

Die afgelope 3 weke het dit drasties afgeneem. Die soentjies en drukkies is nog steeds daar maar die gemeenskap is nie. Om en by 3 weke gelede het ek 'n swam infeksie gehad vir die eerste keer in my lewe en het dit ons albei 'n ongemaklike tyd laat beleef. Ons het goed gebruik en alles is terug na normaal behalwe die hoeveelheid gemeenskap wat ons het.

As ek vra wat fout is dan se hy net dis tyds berekening. As ek hom vra mis hy dit nie dan se hy ja hy doen. Maar elke aand sorg hy, of so voel ek, dat hy lank na my bed toe gaan. Ek probeer uithou maar die vaak oorval my en dan gaan ek alleen bed toe. Soos gisteraand het hy gese hy is nou daar en het baie laat eers bed toe gekom. Hy soen my nog steeds nag en hou my vas maar die gemeenskap ontbreek.

Ek kan nie meer met hom daaroor praat nie want dit het ek al genoeg gedoen voel ek. Mens kan tog nie aanhou karring aan 'n man nie.

Ons het ook nog altyd na mekaar se fone gekyk as daar sms'e kom of oproepe aangesien ons albei al verneuk is en baie seergekry het. Dit mag miskien vir sommige van julle nie reg wees nie maar dit werk vir ons. Vanoggend toe ek my hare blaas het ek gesien hy's besig met sy foon, wat vir my eienaardig was, net toe ek die huis verlaat toe hoor ek hy kry 'n sms. Toe ek hom vra van wie af toe se hy van Channel life. Verskoon my as ek onnosel is maar debiet orders gaan mos om en by middernag af? Toe ek die foon vat om te kyk is sy inboks leeg. Dit het nog nooit gebeur nie want ons weet ons moet ons sms'e los vir mekaar.

Ek weet nie wat om te doen nie. Ek weet nie of ek oorreageer nie.

Ek wil nie hierdie verhouding verloor nie en as ek vir hom se dat ek "ons" mis dan se hy, hy ook.

Wat is fout ? Help my om dinge reg te maak asb.

Dankie.
Answer 650 views
Expert
CyberShrink
cybershrink

01 Jan 0001

I don't deal with cell-phone/SMS issues. But I'd be a bit worried about that infection. Is there any possibility that he might have brought some form of infection back to you ?
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
33% - 9379 votes
No
67% - 19431 votes
Vote