Ask an expert
Question

01 Dec 2004

Ongeluk - Soek raad
Op 29 Oktober het 'n baie windgat jong mannetjie in my kar vasgery op die N1 Snelweg. Om alles te kroon jaag hy toe weg en ek sit hom toe agterna.

So 5 kg verder vang ek hom toe en toe hy sien dat ek besig is om sy registrasienommer af te skryf, toe trek hy van die pad af.

Gelukkig was daar 'n ooggetuie wat bereid is om as getuie op te tree as ek dalk probleme sou ondervind met die vent.

Wel, die skade was so R1700 en nie die moeite werd om my versekering te gebruik nie. Ek het hom toe gebel en hy't onderneem om die bedrag in 3 paaiemente aan my terg te betaal.

Laas week bel hy my en sê dat sy versekering die geld vir my sal terugbetaal. Ek bel toe dadelik sy versekering en dit klink wel of hulle die geld sal terugbetaal maar die vent het nog nie eers die ongeluk by hulle geregistreer nie so hulle kan niks doen alvorens hy die ongeluk registreer nie.

Die vent het nou nog niks gedoen nie. Ek bel hom elke dag en vra of hy asb. die ongeluk sal registreer sodat ek kan probeer om die geld uit sy versekering te kry en elke dag het hy 'n ander storie.

Maandag het ek vir hom gesê dat ek vandag (1/12) of my eerste deel van die geld wil hê wat hy my skuld of ten minste 'n eisnommer van sy versekering. Wel, ek het nog niks gehoor nie.

Ek wil nou 'n saak gaan maak by die polisie vir roekelose en nalatige bestuur aangesien dit 'n kriminele oortreding is om weg te ry van 'n ongeluk af. Wat dink julle?

Ek soek my geld terug aangesien dit glad-nie my skuld was nie en hoekom moet ek betaal vir iets wat glad-nie my skuld was nie. Al wat hierdie ou moet doen is om die telefoon op te tel en die ongeluk te rapporteer aan sy versekering.
Answer 1,676 views
Expert
CyberShrink
cybershrink

01 Jan 0001

Report the accident to the police ( usually a requirement before any insurance would pay out, anyway ) and include in your statement to the police a request to lay charges against him for leaving the scene of an accident, trying to avoid providing you with his name and details, and his promises to pay for the damage, and his evasions and lies since then, as well as reckless driving, etc. . Let the police sort him out ! And DO lay the criminal charges --- he's only liklely to damage more people until he is forced to learn to be less reckless and irresponsible. Heis bhaviour has been totally pathetic and wrong from the very start
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.