Ask an expert
Question

13 Dec 2004

Prostitute & my kerel
Ek en my kerel het gisteraand na Carte Blanche gekyk (oor die "knockers") toe noem ek dat ek nie kan glo mans gebruik in elk geval prostitute nie. Toe sê hy "hul dien hul doel" ek vra hom toe of hy al ooit hul "dienste" gebruik het en hy sê ja. Ek los dit toe daar later die aand vra ek hom so kalm soos moontlik hoeveel keer en hoe lank terug? Hy antwoord toe heel kalm asof dit "normaal" is so jaar en 'n half gelede en so 2 or 3 keer vir R200 per keer.

Goed hy is al 2 jaar geskei. Ons is nou maar 2 maande bymekaar. Bly nie saam nie, spandeer net naweke saam.

Ek kan dit nie handteer nie, ek weet nie HOE om dit te handteer nie. Ek gaan nou beslis aandring op HIV toetse. O ja hy het gesê dat hy altyd kondome gebruik het. Ek voel so geskok hieroor. Toe ek hom gevra het met wie het hy geslaap vanaf sy egskeiding het hy gesê so 'n paar "one night stands" dis al. Die is 'n baie goeie, ordentlike man.

Maar nou voel ek - wie sê hy gebruik dit nie nog nie ? Wie sê dis nie 'n gereelde ding nie ? Hoekom het hy hulle gebruik ?

Help my asseblief want ek weet nie hoe om dit te handteer nie. Ek voel of die vertroue wat ek in hom gehad het geskaad is. Ek is baie erg oor die man en hy's 'n wonderlike pa en man.
Answer 1,137 views
Expert
CyberShrink
cybershrink

01 Jan 0001

I understand that you find this revelation hurtful. But to what extent do we have a right to be concerned about what someone did ( as regards relationships ) before we met them ?
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.