Ask an expert
Question

02 Apr 2007

RE: Ek het raad nodig
Die naweek het alles uit mekaar geval. Hy het die naweek verjaar, ek het na hom toe gery om sy verjaardag saam met hom te vier, fout no. 1.

Hy het verlede week vir my gesê dat hy 'n werksfunksie het Vrydag daarom sal ons mekaar eers Saterdag sien. Ek het nie 'n probleem daarmee gehad nie. Saterdag het ek 'n onaangename verrassing van sy kan af gekry oor ons verhouding, ek het dit nie goed hanteer nie, ek het soos gewoonlik met slegte nuus terug getrek in my dop in en nie veel gesê nie. Saterdag aand toe al die kuiermense daar was vir 'n braai moes ek hoor dat hy en sy ex Vrydag aand gaan uiteet hetom sy verjaardag te vier, so hy was nie eerlik met my oor Vrydag aand se funksie nie. Ek het besluit om Pick 'n Pay toe te ry want ek het 'n paar goedjies nodig gehad en sodat ek kan kalmeer, voor ek iets sê wat nie nodig was nie. Ek is 'n paramedic en het op 'n ongeluks toneel afgekom en gehelp. Hy het my gebel en was redelik ongeskuk en het my nie geglo dat ek werk nie. Toe ek terug kom by sy huis met my klere vol bloed van die ongeluk het hy baie sleg gevoel oor hy my nie geglo het nie, maar die hele naweek was reeds bederf. Gister is ons met die kinders Harties toe en toe moet die motor van sy kar se een venster breek en hy het behoorlik sy poppe rond gegooi.

Ek voel hy maak 'n afgod van sy besittings en hy verstaan nie my passie in die lewe is om lewens te red en dat ek hou van eerlikheid en opregtheid nie. Hy het my vertel dat my werk vir 19 jariges is wat nie kinders het nie en dat ek getroud is met my werk en nie omgee vir ander mense nie. Hoe dom klink dit, as ek nie omgegee het vir ander mense nie sou ek nie 'n paramedic geword het nie. Dalk is ek soms met my werk getroud, want ek ry nie by 'n ongeluks toneel verby nie, die Here het my die gawe gegee om vir iemand in nood iets te beteken en dit is wat ek doen. Die negentien jarige storie verstaan ek nie, want daar is baie en glo my goeie paramedics wat baie ouer as 19 is en gesinne het(en hulle is baie gelukkig) en hulle maats ondersteun hulle in hulle passie vir lewe.

Genoeg is nou genoeg ek voel dit het tyd geword om maar weer op my eie te wees.

Hoop almal het 'n heerlike week.
Answer 838 views
Expert
CyberShrink
cybershrink

01 Jan 0001

GOod luck with your intentiosn towards yourself
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.