Ask an expert
Question

12 Dec 2004

RE: Girlfriend and her 8-year old son
Wie onthou nie meer die storie van die skerpioen wat vir die padda 'n geleentheid oor die rivier gevra het nie? Toe sê die padda wantrouerig; Maar jy sal my mos steek in die proses!? Sê die skerpioen: Nooit! Hoe kan ek nou! Dit sal mos die einde van ons albei beteken. En toe willig die padda in, laai skerpioen op sy rug en begin oor die rivier te swem. So halfpad gevorder, en die padda voel 'n skerp pyn in sy rug, en terwyl hy sterwend en skerpioen al verdrinkend in die vuil water wegsak, prewel die padda; Hoekom? En skerpioen sê: Ek kan nie help nie, dis my instink!

Sommige mense op hierdie forum kan ook nie hul instinkte keer om met hul meerderwarige, afbrekende houding andere wat waag om hul mening te gee, en waarvan hul verskil; af te kraak en sleg te sê nie, en dan later dit wil afmaak as 'n oomblik van: Sorry, dit het nie so goed gegaan by die huis met al die selfmoorde en hooggeregshof sake nie, so bietjie stress, sorry, sal nie weer nie. Maar die instink om sommiges verbaal te verneder skop automaties in.

Die feit dat sommige vrouens geskei is en oorreageer en probeer kompenseer in die mate waartoe hul hul kinders graag gebalanseerd wil grootmaak en sekuriteit aan hul bied, tot in die mate om beurtelings saam met 'n seun wat al pubertydsjare bereik het, kaal voor mekaar te verskyn, maak dit nie reg nie, en maak dit nie verkeerd dat ander dit kritiseer wat dit as toetentaal onnatuurlik en onaanvaarbaar sien nie. Ook nie as 'n man ongelukkig voel as 'n seun sy Ma se swartkoppies/puisies van haar rug verwyder nie. Wanneer gaan so 'n kind leer om terug te staan as die man en vrou op die basis met mekaar gaan verkeer, as hy dit as sy taak sien om saam met sy vrou te bad/haar rug skoon te maak?

QWERTYUI het die meeste van ons mans se mening gehuldig, sonder om lelik te wees, en hy het nie so 'n stront opmerking nodig nie, ook het hy nie noodwendig "issues" nie soos wat die meeste wat sielkunde gaan swot, normaalweg het en dus nie toevallig sielkunde gaan swot om hulself uit te sorteer nie.

Maar dit gee hul geen reg om die hele tyd te wil maak asof mans verkeerd/simpel/ongebalanseerd/kinderagtig is wie 'n verhouding het/getroud is met 'n geskeide vrou, en wie ongelukkig is oor sekere optredes van so n vrou met/en haar seun nie.
Answer 647 views
Expert
CyberShrink
cybershrink

01 Jan 0001

answered at other posting.
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.