Ask an expert
Question

12 Dec 2004

Skerpioen en padda verhaal
Wie onthou nie meer die storie van die skerpioen wat vir die padda 'n geleentheid oor die rivier gevra het nie? Toe sê die padda wantrouerig; Maar jy sal my mos steek!? Sê die skerpioen: Nooit! Hoe kan ek nou! Dit sal mos die einde van ons albei beteken. En toe willig die padda in, laai skerpioen op sy rug en begin oor die rivier te swem. So halfpad gevorder, en die padda voel 'n skerp pyn in sy rug, en terwyl hy sterwend en skerpioen al verdrinkend in die vuil water wegsak, prewel hy; Hoekom? En skerpioen sê: Ek kan nie help nie, dis my instink!

Sommige mense op hierdie forum het ook die instink om met hul meerderwarige, afbrekende houding andere wat waag om hul mening te gee die hele tyd af te kraak en sleg te sê, sou hul verskil, en dit dan later wil afmaak as 'n oomblik van: dit gaan nie so goed by die huis met al die selfmoorde en hooggeregshof sake nie, so bietjie stress, sorry, sal nie weer nie. Maar die instink skop maar elke keer in en dan word andere maar weer verbaal verneder.

Die feit dat heelwat vrouens geskei is en sommige van hulle oorreageer en probeer kompenseer in die mate waartoe hul hul kinders graag gebalanseerd wil grootmaak en sekuriteit aan hul bied, tot in die ongesonde mate dat hul en 'n seun wat al puberteits jare bereik, wedersds kaal voor mekaar verskyn, maak dit nie reg nie, en maak dit nie verkeerd dat ander dit kritiseer wat dit as toetentaal onnatuurlik sien nie. Die laetie wat die swartkoppis/puisies op sy Ma se rug uitdruk, waar gaan hy leer om terug te staan as die man in haar lewe saam met haarwil bad of die rug-joppie wil doen?

QWERTYUI het die meeste van ons mans se mening gehuldig, sonder om lelik te wees, en hy het nie so 'n stront opmerking nodig soos wat gemaak is nie, ook het hy nie noodwendig "issues" soos wat die meeste wat sielkunde gaan swot, normaalweg het en wat hulself met die studies wil uitsorteer nie.
Answer 2,549 views
Expert
CyberShrink
cybershrink

01 Jan 0001

Thanks, p, for such a thoughtful set of comments on a real issue. And I have noticed an increasing tendency, in recent years, for many people to basically do a they please, and, when anyone protests, to simply say "Well, that's how I am" as if that was a sufficient excuse for choices and behaviours that hurt others.
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
33% - 9380 votes
No
67% - 19432 votes
Vote