Ask an expert
Question

25 Feb 2004

Verhouding na baba se koms
Ek en my man is 10 jaar getroud. Ons het gedink dat ons nie kinders kon he nie. Het daarby berus, in alle geval wou ons nie kinders he nie. My man is 'n baie standvastige persoon met goeie morele waardes gewees. Hy het altyd gese dat hy nooit in 'n verhouding betrokke sal raak nie en ek weet dat hy nie die tipe persoon is nie

In 2002 het ek ontdek ek is swanger. My man het nooit gese dat dit hom pla nie, maar ek kon sien hy is nie opgewonde nie. Hy het niemand vertel dat ek verwag nie. Na die baba se koms het hy hom onttrek van ons. Hy het wel gehelp in die huis, maar gladnie met haar "gebond" nie. Hy se hy voel 'n plig teenoor haar, maar weet nie of hy vir haar lief is nie en weet ook nie op hy kans sien vir die verantwoordelikheid om 'n baba groot te maak nie. Hy sien 'n sielkundige en sy het ADD by hom gediagnoseer.

'n Vriendin van ons se man is in 2002 oorlede. Ons het haar probeer ondersteun en my man het haar baie gehelp. Einde verlede jaar het ek begin voel dat hy te veel tyd daar spandeer en met 'n skok ontdek dat hulle 'n verhouding het. Hulle het dieselfde stokperdjie.

My man het besluit om die huwelik weer 'n kans te gee, maar sy het hom bly kontak. Vir 2 maande het ons probeer, maar toe besluit dat hy moet uittrek. Hy kom nie sover om uit te trek nie en 'n week gelede het hy die verhouding verbreek en die huwelik weer 'n kans gegee. Volgens hom was hy 100% seker die verhouding kan nie werk nie. Sy het hom egter weer gekontak en hom vertel dat ek haar bel ens. wat ek nie doen nie. Hy glo my egter. Hy het weer die verhouding hervat, want hy se dat sy hom soos 'n mot na 'n vlam trek. Hy erken hy het 'n opsessie met haar.

Nou het hy besluit om op sy eie met vakansie te gaan om te kyk of hy homself kan uitsorteer.

My bekommernis is sou hy terugkom, sal hy kan hou by sy besluit? Kan iemand so maklik van 'n opsessie ontslae raak?
Answer 586 views
Expert
CyberShrink
cybershrink

01 Jan 0001

Dear Hartseer,
He sounds confused and contradictory, but if, as he keps saying he wants his relationship with you to be the real one, and to sort things out, it is absolutely obvious that he is incapable of doing this on his own --- surely he owes it to you to join you in marriage counselling, to enable you both to better understand what's ben going on, and to have the best chance of sorting things out ?
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
32% - 9422 votes
No
68% - 19857 votes
Vote