Ask an expert
Question

13 Dec 2004

Vir P of Pieter of Johan of wie ookal
Ek het nou weer gaan dink oor waar dinge nou eintlik tussen ons skeefgeloop het en die volgende gevolgtrekking gemaak:

1. Jou onvermoë om te vergewe of te vergeet maak jou lewe eintlik misrabel. Jy sukkel om jou huwelik (en miskien heelwat ander dinge in jou lewe?) te laat werk omdat jy nie bygones kan laat wees wat dit is nie, bygones. Jy loop rond met al hierdie baggage omdat jy nooit laat gaan van iets wat verby is nie.

2. Wonder ek nou net of jy nog nooit iets gedoen het waaroor jy jammer was nie? Sal jy hou daarvan as ander dit heeltyd weer ophaal? My verskoning was opreg bedoel. My pyn en wroeging was / is werklik. Jou onvermoë om dit te aanvaar is nie rede genoeg om dit af te maak as iets wat ek voorhou wanneer ek ander mense wil beledig nie. Ten minste het ek dan redes waarom ek soms te vinnig kritiseer. Wat is jou verskoning?

3. Jy het geen respek vir 'n vrou nie. Dis dan ook waarom jy jaaaaare na jou liefdesteleurstelling nog steeds verwys na hoe "sy haar bene oopgemaak het vir 'n commongat" en dan verwys jy na hulle kind as 'n brat, al was dit 'n liefdesdaad binne in 'n huwelik met 'n man wat sy as iets anders as 'n "commongat" gesien het. Dis dan ook hoekom die "bitch" se verhouding met haar seuntjie vir jou siek, onnatuurlik en onaanvaarbaar is. Soos ek voorheen gesê het, ek hoop jou kinders vind jou kliniese verhouding met hulle genoeg. Ek weet ek sou nie... Meer nog, ek hoop jy is OK daarmee as jou dogter eendag trou met 'n man wat so min respek vir vrouens het soos wat jy het.

4. Dat ek geskei is, beteken nie dat ek noodwendig oorreageer of oorkompenseer om gebalanseerde kinders groot te kan maak nie. Veralgemening... Dieselfde geld vir jou sielkunde swot opmerking. Bly om te sien jy is die selfaangestelde beskermer van Hulle-wat-kak-opmerkings-maak en dan aangevat word daaroor, maar ek sal my opinie lug soos en wanneer ek wil. As jy nie daarvan hou nie, ignoreer my maar gerus. Of beter nog, gee dan raad wat jy dink WEL sal help.

Ek moet sê, ek was nogal geskok in jou driftigheid, maar nou ja, ons wat sielkunde geswot het weet ook nie alles nie, né? Lees ook my reply op posting 13407 in hierdie verband.

Laastens: Al wat ek al ooit gedoen het aan jou was om nie te antwoord op 'n e-mail van jou nie. Redes daarvoor het ek gehad, al het jy seergemaak gevoel daardeur. Kom nou maar oor dit, toe? Dat jy nie een van my grootste fans is nie, is duidelik, maar weet jy wat? Ek kan nie regtig omgee nie. Verskil van my as jy wil, dis jou reg, maar jou subtiele galbraak posts doen niks konstruktiefs vir die ou wat oorspronklik 'n probleem gepost het nie. Probeer jou persoonlike gevoelens oor my daar uit hou, toe?

Answer 722 views
Expert
CyberShrink
cybershrink

01 Jan 0001

Sjoe 2.
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
32% - 9433 votes
No
68% - 19974 votes
Vote