Ask an expert
Question

23 Jan 2004

Bassets en trappe
Ons het 2 pragtige bassets wat nou net oor 6 maande oud is. Ek het gelees dat hulle liefs nie moet trappe klim nie vanwee hulle kort bene en stewige lyfies. Hulle slaap egter in die boonste deel van die huis by ons en klim dus minstens 2 keer per dag die stel trappe. Hulle hardloop ook nog die trappe af wanneer hulle ondertoe gaan! Kan dit langtermyn skade aanrig?
Answer 585 views
Expert
CyberVet
cybervet

01 Jan 0001

Erge oormatige oefening kan 'n jong hondjie skade doen, maar ek dink darem nie trappe klim is te erg nie. My klein worshondjie is op en af by die trappe met 'n spoed en ek keer hom beslis nie! Oefening help ook om die spiere sterk te maak. Ek het nog nooit gehoor dat enige ras trappe moet vermy nie, tensy die hond 'n spesifieke probleem het soos 'n bestaande rugprobleem.

Dr Malan van Zyl
Veterinere Internis
Kaapstad
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.