Ask an expert
Question

20 Dec 2004

Beagle-vel probleme
My Beagle meisiekind is amper 2 jaar oud en sy begin al klaar 'n rooi veluitslag op haar borsie ontwikkel. My vorige Beagle-teef is op 13 jaar oorlede van nierversaking agv die kortisoon inspuitings wat sy moes kry vir haar chroniese gras-allergie/vel -uitslag.
Ek wil dus nou alles in my vermoe probeer om dit te vermy en het Saterdag Eukanuba hondekos gaan koop & beplan om haar vir die res van haar lewe daarop te hou.
Wat van die Hills Science Diet? Is dit beter of swakker as Eukanuba? Kan Frontline of Advantage 'n veluitslag veroorsaak?
Is daar nog iets wat ek by haar dieet moet byvoeg of sal die Eukanuba voldoende wees? Bob Martins, Velcote?
Verder is sy baie gesond, aktief en dol-gelukkig.
Answer 613 views
Expert
CyberVet
cybervet

01 Jan 0001

Enige een van die diete wat jy noem is uitstekend. As die rooiheid nie weggaan nie, probeer een van die spesiale hipoallergene of sensitiewe vel diete van hierdie vervaardigers. Die Vlooimiddels is noodsaaklik en sal nie probleme veroorsaak nie. Maak seker haar beddegoed is nie irriterend nie, gebruik liefs katoen beddegoed.

Terloops, kortisoon veroorsaak glad nie nierversaking nie. Dit kan ander newe-effekte he maar sal nie die niere skade doen nie.

Dit klink mny u versorg haar pragtig en met liefde en dis al "byvoeding" wat sy nodig het!



The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
33% - 9362 votes
No
67% - 19306 votes
Vote