Ask an expert
Question

07 Dec 2004

Ek gee op
Ek het 'n baba Basset gekry wat nou 8 weke oud word, ek het laas week opgemerk dat haar nek geswel is, die knop het wel groter geword en ek het haar by die veearts gehad.
Hy het aan my gesê dat die knop in haar nek veroorsaak is deur haar inspuiting wat vir haar gegee is op die 1ste November.
Ek het vanoggend ook met die veearts gepraat en hy het gesê dit sal om en by tussen 2 en 4 weke vat om weg te gaan, omdat die weefsels seer gekry het
Ek wil net weet is daar nie dalk enige ander rede vir die knop soos kanker of iets nie, en is dit normaal dat dit solank kan vat vir die knop om weg te gaan.
Answer 597 views
Expert
CyberVet
cybervet

01 Jan 0001

Dit klink vir my reg en "normaal". Ongelukkig reageer party diere so op die inspuiting en dit kan selfs 'n abses vorm, maar dit sal mettertyd weggaan.

Dr Malan van Zyl
Veterinary Specialist Physician
Cape Town
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.