Ask an expert
Question

22 Jan 2004

Hondjie gebruik sy bed vir tiolet & vlooi probleem
Goeie dag,
Ek het 'n 8 weke oue mannetjie hondjie (kruis tussen Pug & klein poedel). Hy gebruik my huis en sy bed (wat langs my laundry in 'n klein gebou staan). Ek sien nie dat hy rondom sy bed poef nie, maar dit was gisteraand koud, toe sit ek sy bed in die laundry en los die deur oop wat na die klein geboutjie en na buite kant toe loop. Vanoggend toe ek daar instap sien ek die hondjie het op sy bed gepoef. Die vorige aand het sy kombers nat gevoel (hy piepie op sy kombers). Ek sou hom graag wou leer om dit nie in die huis te doen, sodat hy later binne die huis kan slaap. As ek hom in die act vang, skel ek hom uit terwyl ek sy neus daarin vryf en 'n houtjie op die boud gee - ek vat hom dan ook onmiddellik uit. Wat kan ek doen, want ek het in my lewe al 'n paar honde gehad, maar dis die 1ste keer wat ek met so iets te doen kry! My ander hond is 'n wyfie Jack Russell - ek het haar gekry toe sy so 6mnde+ was en het haar net 3 keer uitgeskel wat sy in die huis gepiepie het en sy het dit nooit weer daarna gedoen nie. Ek kry haar jammer, want sy en die klein hondjie deel 'n bed - die klein hondjie wil nie alleen slaap nie. Hulle 2 kom baie goed oor die weg asook met die huismense. Die ander ding is my Jack Russell het ontsettend baie vlooie, ons het al als probeer, nie eens frontline werk nie - en ons volg presies die aanwysings. Nou het die klein hondjie so 'n seerplekkie gekry op sy nek wat nie gesond wil raak nie en die vlooie koek saam daar. Ek weet nie of dit die vlooie is wat die seerplek veroorsaak het nie. Vir my vorige honde het frontline gewerk. Hoe oud moet die klein hondjie wees voor ek hom kan behandel met vlooie en wat kan ek gebruik of doen wat PERMANENT van die vlooie ontslae sal raak - voor dit my huis oorneem! By voorbaat baie dankie!
Answer 1,377 views
Expert
CyberVet
cybervet

01 Jan 0001

Hi Michelle
Jammer dat my Afrikaans nie so goed is nie so ek sal in Engels voortgaan. Your puppy is still very young to expect him to be toilet trained and you will only make him more stressed (which is possibley why he's doing it in his bed) if you punish him and rub his nose in it, even if you catch him in the act. If you catch him the best thing to do is to carefully and quietly pick him up and take him outside, then praise him for being outside. Take him outside as often as possible, especially after meals and when he wakes up. Try to get him to follow you out rather than carrying him. If he happens to do anything there praise him and play a game or give him a small treat. Ignore any mistakes and clean up when he's not around. At night he may be too nervous to go further than his safe "den", but will get more confident as he grows up. Try leaving a light on, as many pups are afraid of the dark, and give him a shallow litter tray or newspaper near his bed which he can use. Get him his own bed (a shallow cardboard box is fine) so that he can go there if the Jack Russell kicks him out, which she may do when he gets older.
Fleas: To get rid of a bad infestation you need to do everything - Frontline or Advantage (check with the vet which is suitable for puppies), Program tablets (again check if puppies can have it), wash all the dog bedding and leave it in the sun to dry. Fumigate your house (while the dogs are somewhere else for a weekend) and wash down your garden, especially sandy areas, with dip solution (again ask your vet for something safe). You can also wash the dogs with anti flea shampoo inbetween the Frontline/Advantage, but this won't last long. flea eggs can live in carpets and floorboards for up to 3 years so you may need to repeat this process a few times before you have a flea-free zone. Try phoning the companies that make flea poisons for their advice.
Karen Gray-Kilfoil
ANIMAL BEHAVIOURIST
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.