Ask an expert
Question

20 Nov 2004

"snuffels" in baba katjies
Hi,

Ons kat het 3 weke terug babatjies gekry. Hulle het begin nies en die ogies het infeksie ingekry. Ons veearts sê toe dat hulle waarskynlik "snuffels" het, wat 'n virus is en dat dit nie permanente skade sal aanrig nie. Hulle ogies het reeds opgeklaar met oogsalf, hulle kry doksisiklien en hulle lyk nou heeltemal gesond na net 3 dae van behandeling.

Ek is 'n mediese student en baie nuuskierig oor watter virus dit is, en wil graag ook net doodseker maak dat dit nie vir hulle met permanente skade sal los nie?
Answer 11,074 views
Expert
CyberVet
cybervet

01 Jan 0001

Die algemene oorsake is herpes en calicivirus (lg veroorsaak meer uitgesproke siekte), sowel as chlamydia (daarom gebruik jou veearts doksisiklien). Gelukkig herstel die meeste katte vinnig, hoewel party dodelik siek kan raak of ernstige oogskade mag optel. As hulle nou gesond lyk, behoort daar geen permanente skade te wees nie.

Dr Malan van Zyl
Veterinary Specialist Physician
Cape Town

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
32% - 9432 votes
No
68% - 19957 votes
Vote