Ask an expert
Question

14 Dec 2005

uitslag
Ek het 'n foxy hy het 'n tiepe van 'n vel uitslag onder sy maag veral by die gedeelte by sy agterbene. Dit is rooi en met rukke baie rooi wat is dit en wat kan ek gebruik?
Answer 644 views
Expert
CyberVet
cybervet

01 Jan 0001

Sonder ondersoek is dit moeilik om 'n antwoord te gee. Allergie teen die areas waarop die hondjie le, sy omgewing of kos kan sulke probleme veroorsaak. Dis ook belangrik om te toets vir velmyte en swamme wat sulke probleme kan veroorsaak. Die probleem kan ook vererger word deur bakteriese infeksie. Spesifieke onderseok en diagnoses is dus belangrik om 'n diagnoses te maak en spesifieke behandeling voor te skryf.

Dr Malan van Zyl
Veterinary Specialist Physician
Cape Town
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.