Ask an expert
Question

22 Feb 2004

Worshond van so +- 10 maande oud - urineer wanneer jy met hom praat of aan hom raak
Ek hoop ek mag maar in Afrikaans skrywe.
Ek het `n miniatuur worshondjie as `n geskenk gekry en het die groot probleem, dat hy sommer urineer en sku is wanneer jy met hom praat of aan hom wil raak om hom te vryf. Dit frustreer my en het my al groot verleentheid besorg as my vriende die oulike hondjie wil optel of vryf.
Hy het `n jaar oue staffie as sy beste vriend en albei - saam met 2 katte - kry eweveel aandag.
Ek kan hom nie aandag gee, sonder om plassies op te vee nie. Wat kan u voorstel wat ek kan doen om hierdie gedrag stop te sit?
Answer 730 views
Expert
CyberVet
cybervet

01 Jan 0001

Die meeste hondjies ontgroei die probleem. Miskien kan ons gedragskenner op hierdie forum meer raad gee oor jou benadering daarteenoor. As sy nie die vraag beantwoord nie, vra sab weer die vraag onder 'n nuwe hofie


Dr Malan van Zyl
Veterinere Internis
Kaapstad
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.