Ask an expert
Question

02 Feb 2009

Aandete na oefening
Ek kom so net na 5 saans by die huis en begin dan dadelik met aandete (ons hoofmaaltyd). Ek is gewoonlik so net na 6 klaar en gaan stap dan vanaf half 7 tot half 8. Ek eet ongeveer 8 uur die kos wat ek vir ons gesin voorberei het. Is dit te laat in die aand om mens se hoofmaaltyd te eet? Moet ek eerder eet voordat ek gaan stap?
Answer 667 views
Expert
DietDoc
DietDoc

01 Jan 0001

Beste Antoinette
Nee, dis beter om na die oefening te eet, want as jy 'n hele maaltyd eet voordat jy gaan stap gaan jy moontlik naar voel. Na 'n maaltyd word jou bloedtoevoer na die spysverteringskanaal verhoog, terwyl as jy stap meer bloed na die spiere en longe gaan.
Geniet die stap
Groete
DietDoc
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.