Ask an expert
Question

19 Feb 2004

Bulimia-lyer
Liewe dok
Ek's 'n 24 jarige meisie, baie gelukkig getroud (sonder kinders) maar ek ly aan bulimia. Ek is vreeslik skaam hieroor en sal nie graag dit met enige iemand bespreek nie. Ek weeg tans 63 en my BMI is 23. Ek het vir die laaste 5 maande 5 kilo's opgetel weens die feit dat ek letterlik nou verslaaf is aan sjokolade, skyfies, enige ding wat rondstaan om geeët te word. Ek kry ongelooflike 'cravings' seker omdat ek met hierdie probleem sit vir meer as 4 jr en dit ruk nou handuit.
Ek sal advies hoogs waardeer, miskien iemand wat kan help of kan verwys na iemand.
Dankie!
Answer 622 views
Expert
DietDoc
DietDoc

01 Jan 0001

Beste Lulu
Jy moet so gou as moontlik deskundige hulp kry by 'n kliniese sielkundige (vra jou huisdokter om jou te verwys of kyk in die Geel Bladsye) en 'n kliniese dieetkundige (kyk na die Lys Dieetkundiges op hierdie Webwerf of skakel 082-593-0276, of stuur ‘n e-pos aan sscharf@nhcltd.com of kyk in jou plaaslike telefoongids of Geel Bladsye om ‘n dieetkundige in jou gebied te vind). Dit is uiters noodsaaklik dat jy sulke hulp kry want bulimie is 'n vreeslike toestand wat jou hele lewe en gesondheid kan vernietig.
Ek hou styf duim vas vir jou
DietDoc
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
32% - 9428 votes
No
68% - 19895 votes
Vote