Ask an expert
Question

16 Mar 2007

DETOKS
In die middel van verlede jaar het ek weer begin detoks, een keer 'n maand vir drie dae. Ek gebruik G.I. Lean se bruistablette wat ek drie keer 'n dag moet drink en die eetprogram ingesluit. Is dit skadelik? Ek kry geweldig kopseer terwyl ek detoks. Ek drink 4 - 5 koppies swart bitter rooibostee, 2 - 3 liter water.
Answer 1,254 views
Expert
DietDoc
DietDoc

01 Jan 0001

Beste Lettie
Ek is nie eintlik ten gunste van strawwe detoks programme nie, veral as dit kwaai lakseermiddels insluit. Dit is totaal onnodig om jou gestel en dermkanaal aan sulke martelings bloot te stel! Die kwaai hoofpyne is waarskynlik te wydte aan lae bloedsuiker, kafeïen-onttrekking, en/of dehidrasie a.g.v. die diarree wat jy miskien uitlok met daardie tablette. Los liewer hierdie detoks pogings en maak net seker dat jy 'n goed gebalanseerde dieet inneem en 4 glase water per dag drink. Jy kan probiotika ("goeie mikroörganismes") soos Bifidoforte of Intestiflora drink (koop by gesondheidswinkel) om seker te maak dat die mikroörganismes in jou dermkanaal gesond is en jy gereeld is.
Groete
DietDoc
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
32% - 9467 votes
No
68% - 20230 votes
Vote