Ask an expert
Question

26 Jul 2010

Detox
Hallo, ek wil net weet wat dink jy van DETOX diete, ek het in Game gesien daar is hierdie nuwe boek met n versapper waarmee jy alles versap ipv die heel vrugte en groente eet versap jy dit en daar is ook n 7de Detox dieet in wat mens volg. Sal so iets gesond wees en is dit goed vir jou verteringsisteem, raak daar nie van die voedingswaarde van die kos weg as mens vrugte en groente versap nie. Sal mens nie die gewig wat hulle se jy verloor tydens die detox weer optel nadat jy klaar is nie?

Dankie en mag God jou seen
Answer 2,030 views
Expert
DietDoc
DietDoc

01 Jan 0001

Beste Ann
Mens kan 'n versapper gebruik om gesonde en lekker vrugte- en groentesappe te maak as deel van jou alledaagse dieet, bv. vir ontbyt. Sorg net dat jy die sap vars voorberei en dadelik drink sodat die voedingswaarde nie verminder nie (as vrugte- en groentesappe lank staan, verloor dit vitamien C, al word dit in 'n yskas bewaar). Ek self sien nie die nut van 'n detoksdieet nie, maar jy kan wel sulke sappe as deel van jou normale dieet inneem. Die menslike liggaam het detoks nie nodig nie, dit is 'n moderne gier. Eet liewer 'n goed gebalanseerde dieet wat baie vrugte en groente, heelgraan brood en grane, maer vleis, vis of peulgewasse, lae-vet melk en jogurt en mono-onversadigde vette (olyfolie) bevat. Die hoƫ veselinhoud van so 'n dieet sal sorg vir gereeldheid. As jy net vrugte- en groentesappe wil drink vir 'n paar dae, sal dit jou nie skade aandoen nie, maar dis ook nie juis nodig nie.
Vriendelike groete
DietDoc
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
32% - 9433 votes
No
68% - 19977 votes
Vote