Ask an expert
Question

24 Jul 2006

Eet as nie honger is nie????
Goeie Dag Doc

Ek het nou begin met 'n gesonde, gebalanseerde eetprogram. Ek het nooit ongesond geeet nie maar baie ongereeld. Ek probeer nou 6 porsies 'n dag eet. Maar my probleem is dat soms is ek nie honger nie. Moet ek dan nogsteeds my kos eet?

Ek ondervind dit gebeur gewoonlik by middagetes en my middag snack. Maar ek ondervind ook dat as ek nie die middag eet nie, is ek in die aand verskriklik honger en eet dan meer as wat ek moet.

Ek begin gewoonlik met 'n wheatbix en skim melk in die oggend (so 06H30) en dan 'n halwe pakkie shake vir 'n snack (so 11H00) As dit by middagete kom is ek nie honger nie (tussen 13H00 en 13H30 en my snack 15H00). Dit is klein porsies wat ek moet eet. Moet ek maar die kos afdwing sodat ek nie te honger is in die aand nie, of moet ek na my liggaam luister en nie eet nie, en my aptyt in die aand probeer beheer?

Dankie Baie

Micheal
Answer 866 views
Expert
DietDoc
DietDoc

01 Jan 0001

Beste Micheal
Ek sal voorstel dat jy liewer hou by die 6 klein maaltye (los die shake uit en eet liewer 'n versnapering soos vetvrye jogurt en vrugte), want soos jy agter gekom het, sal die oorslaan van maaltye vir jou neer laat eet met die volgende maaltyd - iets wat al dikwels met eksperimente bewys is. Hou dus by jou 6 maaltye en doen oefening as jy wil gewig verloor.
Groete
DietDoc
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
33% - 9378 votes
No
67% - 19421 votes
Vote