Ask an expert
Question

05 Feb 2009

Eiers
Hoeveel KJ bevat een gekookte eier? Is dit goed om sommige oggende ' n gekookte eier vir ontbyt te eet? Ek sukkel vreeslik om soggens te eet aangesien ek nie werklik honger is wanneer ek wakker word nie, maar ek vind dat ek wel nie ' n probleem daarmee het om ' n eier te eet nie. Sal die eier help dat ek nie deur die oggend so gou honger word nie?
Answer 4,380 views
Expert
DietDoc
DietDoc

01 Jan 0001

Beste Magdaleen
'n Gekookte eier wat 50g weg, bevat ongeveer 320 kJ. Volgens die SA Hartstigting kan volwassenes 4 eiers per week eet. Iets wat mense wat sukkel om te eet net na hulle wakker word, behoort te onthou, is dat dit ook goed is om jou ontbyt effens later in die oggend te eet. As jy werk, kan jy die gekookte eier en lae-GI brood met 'n vrug by teetyd eet as dit vir jou beter sal pas. 'n Ander idee is om Bokomo Up & Go te eet vir ontbyt en dan die eier/lae-vet kaas/maaskaas met lae-GI brood om 10 vm te eet.
Hoop dit help
DietDoc
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.