Ask an expert
Question

27 Jan 2004

EPSTEIN BARR VIRUS
Goeie dag!!

Ek is gediagnoseer met Epstein Barr virus (chroniese moegheid), my liggaam se pH is 6 (heeltemal te suur), suikerreaktief, vriendelike en onvriendelike bakterieë nie reg, byniere funksioneer nie reg nie as gevolg van te veel stres.

Watter dieet kan u voorstel om my bogenoemde probleme aan te spreek asook om my energievlakke op te stoot asook my liggaam se pH reg te kry? Ek drink tans Base powder en eet net vrugte en groente. Ek drink ook Build Up met probio.

Ek verneem graag van u.
Answer 747 views
Expert
DietDoc
DietDoc

01 Jan 0001

Beste Elize
Ek is jammer om te hoor van al jou gesondheidsprobleme. Die EB virus kan lank vat om op te klaar, maar rus, anti-stres oefening (joga en asemhalingsoefeninge) kan baie help. Om jou liggaam se pH meer alkalies te maak is dit korrek om vrugte, groente, melk en jogurt, kaas en graanprodukte te eet, want dit gee 'n alkaliese as. Gebruik ‘n volledige vitamien- en mineraal-aanvulling soos Centrum of Supradyn asook Salmolietablette om jou omega-3 aan te vul wat jou immuniteit verbeter. Neem Intestiforte of Intestiflora (koop by gesondheidswinkel) om die goeie organismes in jou dermkanaal te versterk en ook immuniteit te verbeter. Dit sal miskien raadsaam wees om ook 'n kliniese dieetkundige te spreek wat jou deur hierdie moeilike tydperk kan ondersteun ( kyk na die Lys Dieetkundiges op hierdie Webwerf of skakel 082-593-0276 of stuur 'n e-pos aan sscharf@nhcltd.com of kyk in u plaaslike telefoongids of Geel Bladsye, om 'n dieetkundige in u gebied op te spoor).
Sterkte
DietDoc
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.