Ask an expert
Question

08 Feb 2004

"Fat trappers"
Ek het "fat trapping" kapsules probeer en gevind dat dit my baie hardlywig maak. Hoekom?

Nou die eintlike vraag - my 23-jarige dogter het diarree dominante IBS sindroom en het al alles onder die son probeer om die diarree te beheer - watter kossoorte gee stoelgang volume en kan ons probeer om ook Fat trapping kapsules te probeer om 'n gevormde stoelgang te bewerkstellig? Jy besef seker hoe desperaat ons is as ons al sulke pogings aanwend. tot dusver moet sy bykans daagliks Imodium gebruik. Chinese kruie word tans gebruik en ek het ensieme uit Amerika bestel. Sy het geen ander ongerief soos opgeblasenheid ens ens nie en kry glad nie hardlywige episodes nie - net die diarree. het al alle uitsluitingsdiëte gevolg - geen verbetering.
Het al pakke appels 'n dag geëet - geen verandering. Watter ander kossoorte of natuurlike middels kan gebruik word?
Dringend hulp nodig.
N.S Alle mediese toets insluitende Kolonoskopie, gastroskopie, bariummaal, bloed, stoelgang ens ens is gedoen - uitslag diarree dominante spastiese kolon sindroom.
HELP HELP
Answer 708 views
Expert
DietDoc
DietDoc

01 Jan 0001

Beste Nuuskierig
Die 'fat trapper' pille bevat waarskynlik psyllium, 'n onverteerbare deel van 'n plant, of kitien, ‘n onverteerbare ekstrak van atropode. Dit behoort jou eintlik diarree te gee - dus reageer jy totaal anders as wat 'n mens sou verwag! Ek kan net dink dat jou svk miskien anders reageer as normaal. Miskien is dit ook geneties en reageer jou dogter ook verskillend. Een aspek wat moontlik nog kan bydra tot jou dogter se diarree is fruktose sensitiwiteit - laat haar vir ongeveer 2 weke GEEN vrugte of produkte wat fruktose bevat (lees alle etikette van bv. koeldranke, ens) inneem nie en kyk hoe sy reageer. As dit nie help nie, dan wil ek voorstel dat sy 2 verdere dinge probeer: a) inname van probiotika, nl Bifidoforte of Bifidoflora (koop by gesondheidswinkel), om die 'goeie' mikroörganismes in haar dermkanaal te ondersteun, b) dat sy 'n kliniese sielkundige spreek sodat sy stres-beheer kan leer - want IDS word sterk deur stres en spanning vererger.
Sterkte
DietDoc
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
33% - 9362 votes
No
67% - 19312 votes
Vote