Ask an expert
Question

03 Aug 2010

Flaxseed oil
Hi Doc,
ek het ''n jaar terug ''n volle hystorectomy gehad- ek is 38 jaar oud. Alles was verwyder - ek het sists op my eierstokke gehad.
Ek gebruik nie hormoon pille nie, ek tel wel baie gewig op. Ek is hoe risiko vir borskanker - so wil nie hormoon pille gebruik nie. Ek het glad nie hot flushes etc nie, net my gehue is verskriklik swak waar dit altyd baie goed was.
Ek het nou by weighless aangesluit en het 30kg om te verloor.
Ek wil net uitvind: Is dit waar dat Flaxseed oil Omega 6.3.9 my kan help- ek lees op die bottel dit help met
Heart / cholesterol care
Assists memory and concentration (my short term memory is sleg)
supports hormone balance
can assist with weight loss

Bestanddele:
Flax seed oil 1000mg
omega 3 - 600mg
omega 6 - 150mg
imega 9 - 180mg

Take 1 - 3 capsules per day.
Is daar enige newe effekte om dit lang termyn te drink.
Hoeveel sal u aanbeveel om te drink

Baie dankie

Answer 3,491 views
Expert
DietDoc
DietDoc

01 Jan 0001

Beste Snoopy
Ek is jammer om te verneem dat jy 'n totale histerektomie moes ondergaan. Die 'Flaxseed Oil' sal wel help met al die indikasies wat op die bottel genoem word en jy kan dit gerus neem aangesien die meerderheid persone wat 'n Westerse dieet eet, te min omega-vetsure inneem. Daar is geen beperking op die duur van inname van omega-vetsure nie, en dit het geen ernstige newe-effekte nie (miskien 'n bietjie los stoelgang en winderigheid). Aangesien jy polisistiese eierstokke gehad het, sal 'n lae-vet, lae-glisemiese indeks (GI) dieet waarskynlik van baat wees om jou te help om gewig te verloor. Lees meer oor die GI deur te klik op 'Diet' en 'Weight loss' en 'The Glycaemic Index' en dan die artikels oor die GI te lees. Indien jy steeds sukkel om gewig te begin verloor nadat jy 'n lae-vet, lae-GI dieet vir 'n maand gevolg het, sal ek jou aanraai om 'n kliniese dieetkundige te spreek dat sy/hy jou en jou kosinname kan evalueer. Besoek die Assosiasie vir Dieetkunde in SA se Webwerf by: www.dietetics.co.za en kliek op 'Private Practising' om 'n dieetkundige in jou gebied te vind.
Sterkte
DietDoc
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
32% - 9438 votes
No
68% - 20011 votes
Vote