Ask an expert
Question

18 Feb 2004

gesonde dieet sonder gewigsverlies
Liewe dok
Ek is 'n 20jarige meisie en ek probeer om so gesond as moontlik te eet. My dieet bestaan hoofsaaklik uit vrugte in die oggend (met 'n bietjie muesli of all bran ens), vir middagete sal ek opgekookte groente met bv 2 rooiworsies in eet en dan vir aandete, oats of weer groente. Ek eet byna nooit lekkers nie, behalwe dalk ietsie kleins oor naweke, en ek eet baie vrugte deur die dag. Ten spyte van my dieet, verloor ek nie gewig nie. Inteendeel, ek moet hard werk om dit konstant te hou. As ek net IETSIE "verkeerd" eet, kan ek sien dat ek gewig optel. Ek oefen ± 2 keer per week (aerobiese oefening of draf) Wat kan die rede hiervoor wees en wat kan ek doen om wel gewig te verloor?
Answer 760 views
Expert
DietDoc
DietDoc

01 Jan 0001

Beste Mari-Anna
Ek is bekommerd dat jy nie gebalanseerd eet nie. Die rooi worsies as keuse van 'vleis' is nie ideaal nie. Probeer 'n lae-vet, hoƫ-vesel dieet (kliek op 'Diet' en 'Weight loss' en 'Slimming Diet' vir 'n kopie) en as dit saam met die oefening nog steeds geen gewigsverlies veroorsaak na 3 weke nie, dan wil ek voorstel dat jy 'n dr spreek en vra dat jy vir insulienweerstand getoets word. Indien jy wel aan hierdie toestand ly, dan moet jy 'n kliniese dieetkundige spreek want dieet is die belangrikste komponent van die behandeling daarvan.
Sterkte
DietDoc
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.