Ask an expert
Question

25 Jul 2005

Gewig 'n ernstige probleem
Ek sukkel nou al die afgelope 20 jaar om my gewig reg te hou. Veral na my kinders se geboortes het die probleem net erger geword. Ek weet dat my spastiese dikderm 'n groot invloed op die probleem het en daar is geen ander mediese redes vir die probleem nie. Ek drink 8 glase water per dag. Ek eet 3 keer per dag. Ek kry nie regtig oefening nie en die oefening wat ek wel kry, moet ek versigtig wees om nie my rug daarmee seer te maak nie. Help asseblief. Ek trou in November en ek wil graag my gewig regkry voor daardie tyd.
Answer 701 views
Expert
DietDoc
DietDoc

01 Jan 0001

Beste Elize
Gebruik 'n gebalanseerde lae-vet, hoë-vesel dieet (kliek op 'Diet' en 'Weight loss' en 'Slimming Diet' vir 'n kopie) en kombineer dit met die gereelde inspannende oefening (sluit dadelik by 'n gym of 'Walk for Life' aan). Jy behoort tussen 0,5 en 1 kg per week te verloor, m.a.w. tussen nou en begin November behoort jy tot 12 kg te verloor. Indien jy nie met hierdie dieet kan regkom nie omdat jou dikderm probleme gee, dan moet jy 'n dieetkundige spreek (kyk na die Lys Dieetkundiges op hierdie Webwerf of skakel 082-593-0276, of stuur ‘n e-pos aan sscharf@nhcltd.com of kyk in jou plaaslike telefoongids of Geel Bladsye om ‘n dieetkundige in jou gebied te vind). Die dieetkundige sal vir jou 'n dieet moet uitwerk wat beide die oorgewig en die spastiese dikderm aanspreek.
Sterkte en geniet die troue
DietDoc
Sterkte
DietDoc
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
33% - 9362 votes
No
67% - 19302 votes
Vote